
=====================================================================
Gehalteprodukte verdien sente (AV 5:5)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


Gehalteprodukte verdien sente

Susan van der Schyff   s Afrikaans kan nie net op sentiment staatmaak om te verkoop nie. Leserskring sorg vir ongewone gehalteprodukte en 
vind dat hulle uitstekend verkoop.

HOEWEL Leserskring deesdae die grootste verkoper van Afrikaanse boeke is, is hulle ook stilweg besig om duisende CD's en video's in 
Afrikaans te versprei.

Toe Leserskring in 1992 besluit het om ook musiek en video's aan klante aan te bied, is gunstelinge van toeka se dae soos Doris Brasch en 
Dawie Couzyn se Tingeling op CD gesit en duisende is verkoop.

Musiek van ouer kunstenaars soos die Briels en Chris Blignault, wat ook op CD verskyn het, het goed verkoop, terwyl die musiek van jonger 
kunstenaars soos Johannes Kerkorrel ewe gewild is.

N die stigting van CD Musiek, 'n musiekklub wat CD's deur 'n katalogus verkoop, het Leserskring en Huisgenoot 'n CD saamgestel. Lesers van 
Huisgenoot het uit 'n lys van honderd Afrikaanse liedjies veertig gunstelinge gekies. Daar is reeds 22 000 stelle teen R139.99 
vanHuisgenoot se Afrikaanse Treffers verkoop.

Afrikaanse Volksliedjies, 'n stel van 3 CD's, is 'n versameling van tradisionele Afrikaanse volksliedjies. Waar moontlik is die kunstenaars 
opgeneem wat oorspronklik die liedjies gesing het. Sommige van hierdie liedjies is in die SAUK se argief opgespoor en enkeles is ook 
opnames uit private versamelings. 'n Boek met die bladmusiek en lirieke van al die liedjies word saam met die CD's verkoop. Altesame 13 500 
stelle teen R139,99 per stel is teen September 1998 verkoop.

Die CD's met Afrikaanse geestelike musiek, Loof Hom, word van September 1998 bemark. Kunstenaars soos Rudi Neitz en G Korsten sing meer 
tradisionele liedere soos "Die Heiland is gebore" en "Jerusalem", terwyl hedendaagse gospelsangers soos Jan de Wet en die groep Prophet 
moderne liedere sing. Hierdie stel is in September 1998 bekend gestel en teen einde Oktober 1998 was 7 000 stelle teen R139.99 verkoop.

CD Musiek en Leserskring verkoop ongeveer 200 000 Afrikaanse CD's (behalwe die vermelde projekte) in 'n jaar.

Die behoefte aan Afrikaanse video's -- veral vir kinders -- het ons na Heidi, die gewilde TV reeks van die tagtigerjare, laat soek. Van die 
oorspronklike oorklankings is in die SAUK se argief opgespoor. 'n Paar episodes was skoon weg en ons moes weer van private versamelings 
gebruik maak. Hoewel die gehalte van hierdie 9 video's (amper 24 uur daarvan!) nie dieselfde as di van die Titanic is nie, verskaf dit 
klaarblyklik oneindig plesier aan almal in die gesin en het ons 4 000 stelle teen R800,00 per stel verkoop.

'n Stel van 12 Afrikaanse rolprente word nou bemark. In hierdie klassieke versameling is prente soos Moedertjie, Broer Matie en Piet Se 
Tante. Die eerste aanduidings is dat dit ook goed sal vaar.

Shaleen Surtie-Richards en Dawid Minnaar in Fiela se Kind. Dis deel van 'n rolprentpakket.   Susan van der Schyff is klubbestuurder: 
Leserskring/Leisure Books.

Terug na bo

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av558.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999     Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Desember 1998 /// Hanteer praktiese taalprobleme menswaardig (AV 5:5) 
/// Oor vryheid en onvryheid (AV 5:5) /// Nederlandse boeke in Suid-Afrika (AV 5:5) /// Wie sal die verlossende woord spreek? (AV 5:5) /// 
Toonvenster van talent (AV 5:5) /// Hegte vriendskapsbande met Vlaandere gebou (AV 5:5) /// 'n Nuwe Afrikaanse webwerf (AV 5:5) /// 
Gehalteprodukte verdien sente (AV 5:5) /// Europese studie-ervaring is binne bereik (AV 5:5) /// Kroniek van twee gesprekke (AV 5:5) /// 
Die wel en wee van Afrikaans se statusprys (AV 5:5) /// Ons sing in Afrikaans! (AV 5:5) /// 'Aitjiebul' speel met taal (AV 5:5) /// 
Vrouekrag in die Suid-Kaap (AV 5:5) /// 'n Gees van fees in die lug (AV 5:5) /// 'n Skrywersoog op Kersfees (AV 5:5) /// Stel die land en 
al sy mense sentraal (AV 5:5) /// Slaan 'n slag vir Afrikaans (AV 5:5) /// 'Interessante tye' vra innovasie (AV 5:5) /// Veeltaligheid is 
'n bron van kennis (AV 5:5) /// 'n 'Oulap' se stories laat die taal vonkel (AV 5:5) /// Sport en sports vir joernaliste in Londen (AV 5:5) 
/// Ek en die lytest geneuk (AV 5:5) ///

